Miljoene geskenk vir Kaapse armes


Mynmagnaat en miljardêr Patrice Motsepe het R12 miljoen geskenk vir armmense in die Wes-Kaap. Die bedoeling is om armoede en werkloosheid te help verlig.
Motsepe het glo gesê hy skenk R6m vir Khayelitsha en ’n soortgelyke bedrag vir Mitchells Plain.
Hy vereis dat forums in die Motsepe-familienaam gestig sal word om entrepeneurs, godsdienstige organisasies en kinders te bemagtig om uit die las van armoede te kom.
Die fondse moet glo binne een jaar winsgewendheid toon.
Hy sê die gebiede sal glo ondersteuning van banke en die Department van Handel en Nywerheid ontvang.
Foto – Patrice Motsepe