Metroraad Tshwane se Taxi-spoedbusdiens


Die metroraad van Pretoria en omgewing beplan om taxi-eienaars die algehele eienaars te maak van ‘n nuwe passasiersvervoerstelsel, bekend as “rapid tansit (BRT)”. Volgens Jason Ngobeni, ‘n bestuurder by die stadsraad, is die taxibedryf aan die voorpunt van die projek se ontwikkeling en eienaarskap van die projek sal na ontwikkeling ten volle na hulle oorgedra word.

Konstruksie op die projek het reeds begin en sal in fases ingefaseer word. Dit word beplan dat die projek, wat R3-miljard bedra teen 2016 voltooi sal wees.

Die stelsel sal van bestaande taxivoertuigbestuurders gebruik maak om die busse te bestuur. Dit is nie bekend of die betalers van plaaslike belasting ‘n bydrae sal moet lewer om die projek te finansier nie en of daar ‘n bydrae gelewer sal moet word tot die bedryfkoste nie.