Die dood van Nelson Mandela sal weer eenheid onder Suid-Afrikaners laat posvat, eerder as verdeling en konflik tussen wit en swart. Die samehorigheid wat ervaar is met die 1995-Wêreldbeker rugby gaan weer posvat ná Mandela se dood.
Dit is die mening van dr. Piet Croucamp, politieke ontleder aan die Universiteit van Johannesburg.
Hy sê wit Suid-Afrikaners se vrese en opvattings dat die land in ’n staat van revolusie en politieke onrus gaan verkeer met Mandela se dood, is ongegrond.
Hy het die uitlatings gemaak op die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) se jaarlikse kongres in Bloemfontein.
Hy sê ook dat swartes nie ’n spesifieke voorkeur van wit mense as ’n permanente vyand het nie.
Swartmense is meer begaan oor armoede en misdaad, het hy gesê.
“Mandela se dood gaan die ‘ras-ding op ’n ander manier verdiskonteer’ en net soveel wit mense gaan sy begrafnis bywoon en empatie uitspreek as swart begrafnisgangers” was sy eind gedagte oor die onderwerp.
Foto – Piet Croucamp
Die Prof het net boekgeleerdheid – blykbaar ontbreek die wysheid!!
‘verdiskonteer’? Huh? Watse taal is dit?
Ek hou nie daarvan om ‘n individu se persoon aan te val nie maar is hierdie nie ‘n belaglike en hoogs irriterende wese nie?
Raak hierdie vent nie opsetlik sulke bog kwyt om juis reaksie uit te lok nie? Moet ons op die sot se sotheid reageer?
Ek wil tog hier met een ding saamstem wat hy gesê het nl. “Hy sê ook dat swartes nie ’n spesifieke voorkeur van wit mense as ’n permanente vyand het nie.
Swartmense is meer begaan oor armoede en misdaad, het hy gesê.
Wat afrikaners ook moet begin besef is dat die swartes nie regtig in hulle belangstel nie daarmee bedoel ek presies wat die ANC nou teen die blanke doen met apartheid. Apartheid sal die swarte soos ‘n handskoen pas, hy stel nie daarin belang om met die blanke te assosieer nie. Daar is vir die afrikaner baie geleentheid om selfbeskikking aan te gryp maar ek dink die probleem lê by hulleself.
Pos asb vir die vent ‘n rol twin ply toilet papier sodat hy sy bek kan afvee,want dit ruik soos iet’s bekend’s.
Ek vind dit moeilik om te identifiseer presies waarmee die bogenoemde komentators nie saamstem nie, veral aangesien meeste eerder n “vendetta” teen sy hoedanigheid wys as n beswaar teen Dr Croucamp se opinie. Die oorgrote meerderheid van Afrikaners wat op die internet hulle harte uitstort is so absoluut radikaal en verregs dat enige persoon wat n liberale woord te se het oor die Nuwe Suid Afrika summier verwerp word as iemand wat twak praat.
‘veral aangesien meeste eerder n “vendetta” teen sy hoedanigheid wys as n beswaar teen Dr Croucamp se opinie’
Ai Marnus, maar dit is darem ‘n ‘danige hoed’ daardie…