Mandela op sy laaste?


Die Suid-Afrikaanse Weermag is op 24 uur gereedheid en die lugmag se vlugbemanning is gevra om hul selfone te alle tye aangeskakel te hou.

Die inligting is so pas by Die Vryburger ontvang.
Dit dui daarop dat Mandela se toestand verder verswak het te midde van deurlopende bystand van geneeskundiges.

Soldate is reeds toe Mandela sowat tien dae gelede begin siek word het, gewaarsku dat die weermag se gebeurlikheidsplan van krag is.

Wat die plan behels, is onbekend. Dit word in sekere kringe as “uiters geheim” beskryf.