Julius Malema het ’n politieke platform, gestig. Hy noem dit die Economic Freedom Fighters (EFF).
Hy wil glo met die platform ’n nuwe party tot stand bring.
Hy sê die party sal eerstens daarvoor beywer om die waardigheid van swartes te herstel.
Die ongelykheid tussen ryk en arm moet ook reggestel word. Hy het glo op die sosiale netwerke geld gevra om sy planne tot uitvoer te bring.
In ’n epos wat hy uitgestuur het word 15 redes aangevoer waarom die ANC, die SAKP, Cosatu asook die Jeugliga nie die beste strukture is vir Suid-Afrika nie.
Malema sê ook die ANC se integriteit en geloofwaardigheid sal stelselmatig afneem.
Kleiner vakbonde sal groei en die groter vakbonde sal stelselmatig hulle invloed verloor.
Die EFF wil ook die klem van “versoening” na “geregtigheid” verskuif.
Sy jongste siening van die ANC is in skerp kontras met sy vorige uitspraak toe hy geskors is as leier van die Jeugliga. Toe het hy gesê die ANC kan hom skors maar hy sal ’n lojale ondersteuner bly.
So splinter die ANC in al meer groepies op. Goeie nuus. Wie is volgende?
EFF- EENTONIGE FLIPPEN FLAP
Malema, wat van die ‘Forum for time-rich Black Racists to Unite against Democracy, against Self-determination of Afrikaners, Bushmen and other lighter peoples/cultures, against Property Rights for Non-Africans, against food production by any Boers, against older ANCs, and for all moneys to be deposited into JMs Trust Funds’ or in short ‘F4BR2U-NoDemoc-NoSelfrule-NoFarms-all2myTrustFunds4Ever-is-True-Liberation!!!’
Dis seker erg as jy eers weelde geproe het en toe skielik met jou neus in die grond ploeg. Vermoed hy wil nog geld bymekaar maak deur sy “sogenaamde kiesers” se geld te roof, want hy het nou minder as niks. “Back to your roots” Malema. Hoop SARS hou hom goed dop.