Malema kry jeug se steun


’n Onafhanklike opname wat onlangs gedoen is, toon aan dat Malema sowat 25% van die swart jeug se ondersteuning geniet.

Pondering Panda, ’n navorsingsmaatskappy se verslag toon dat ’n groot deel van die ANC se jeug nou oorswaai na Malema en dat meer jeuglede kan oorgaan indien Malema sy politieke party totstand bring.

Meer as 3, 500 jeugdiges het aan die opname deelgeneem.

Net meer as 35% van die respondente het aangedui dat hulle nou nog vir die ANC stem. Net meer as 26% steun Malema en sowat 10% steun die Zille-groep.