Magsvertoon by Hospitaal


Derduisende Rand word spandeer aan veiligheidsmaatreëls van die Polisie om ingange na die hospitaal te beheer en voertuie te deursoek wat die perseel wil binnegaan.

Al die maatreëls word getref om veiligheid te verseker waar Nelson Mandela vir sy longinfeksie behandel word.

Ses polisielede is opgemerk by die hoofingang van die hospitaal .

Plaaslike en internasionale media verslaggewers buite die hospitaal hou gebeure met valkoë dop.

Versperrings is aangebring waar die joernaliste gestaan het. Dit het daartoe gelei dat hulle nou aan die oorkant van die straat moet staan.

Kenners meen dat die maatreëls veel goedkoper en meer doeltreffend opgestel kon word. Die huidige situasie skep die indruk van ’n oordrewe magsvertoon, is gesê.