Luiperd verwonder haar


In die Krugerwildtuin het die klompie toeskouers met verbasing gekyk hoe ’n luiperd wyfie haarself verwonder het vir haar eie beeld in die spieel van ’n motor.

Vir bykans ’n kwartier het die dier haarself verwonder vir haar spieëlbeeld. Uiteindelik is sy die bosse in, om kort daarna terug te keer vir nog ’n sessie.

Sy het reg rondom die wynrooi Fiat beweeg en selfs daarteen opgespring om haarself van alle kante te bekyk.

Kenners meen sy was verward omdat sy ’n ander luiperd sien as sy in die spieël kyk. Dit verklaar ook waarom sy om die voertuig geloop het, op soek na die “ander maat”.