Lugmag stort in duie


Die Suid-Afrikaanse lugmag is besig om die onderhoud op vliegtuie ernstig te verwaarloos. Slegs twee tegnici is in diens van die Lugmag by die Sentrale Vliegskool in Langebaanweg in die Wes-Kaap wat vliegtuie kan herstel.
Een van die tegnici is nog ’n groentjie wat kwalik oor drie maande se ondervinding beskik.

Die ontdekking is gemaak toe die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging Langebaanweg, asook die lugmagbasisse Hoedspruit, Durban en Bloemspruit besoek het.

Die verkleinde lugmag begroting is deels hiervoor verantwoordelik, maar die opskorting van die tegniese dienskontrak met Denel spreek van swak bestuur aan die kant van die Owerheid.

Na die kontrak gekanselleer is het net ’n handjievol tegniese spesialiste oorgebly.
Die veiligheid om met lugmag vliegtuie te ry, word nou ernstig bevraagteken.
Foto – Lugmag gedenkteken