LP’s se swak gedrag word ondersoek


Parlementslede se swak gedrag sal binnekort tydens ’n spesiale vergadering bespreek en ondersoek word.
Die parlement se speaker, Max Sisulu, het in ’n toespraak oor die parlement se begroting gesê daar sal met verskillende politieke partye se hoofde vergader word om die probleem van swak gedrag aan te spreek.

Volgens die Speaker is die bedoeling om tydens die vergadering metodes te vind om parlementslede vas te vat wanneer swak gedrag ondervind word.

’n LP het glo by geleentheid sy tong uitgesteek vir ’n lid van die opposisie en dr. Pieter Mulder het per geleentheid ’n LP as ’n dom Engelsman bestempel.

Mandla Mandela, ANC-LP, het Athol Trollip beskuldig dat sy voorvaders die voorvaders van Mandela doodgemaak en hul grond gesteel het.

Sulke uitlatings moet glo gestop word.
Foto – Max Sisulu