Landbou minister weer in die spervuur


Pretoria: Die Minister van Landbou, Bosbou en Vissery, Tina Joemat-Pettersson, ontken berigte dat sy omkoopgeld ontvang het.

Die bewerings is die afgelope naweek gemaak dat Minister Joemat-Pettersson gebaat het by die verkoop van ‘n wildplaas.

Haar woordvoerder, Palesa Mokomele, het dit egter ten sterkste ontken.

“Diegene wat Minister Joemat-Pettersson ken, weet dat sy ‘n leier is wat vir mense omgee. Die minister dien ander en streef vir die ontwikkeling van vroue en gemeenskappe,” het Mokomele gesê.
Die Minister het onlangs in die parlement hewige kritiek ontvang nadat dit bekend geword het dat sy spog-dinees gehou het wat belastingbetalers miljoene Rand uit die sak gejaag het.