Landbou departement verkwis miljoene


Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het erken dat die Departement die astronomiese bedrag van R1,7 miljoen vermors het gedurende Mei vanjaar vir twee spog-dinees.

Een dinee is gehou voor begrotingstoespraak en een kort daarna.

Sy moes onder druk van opposisie partye die verantwoordelikheid aanvaar vir die twee gesellighede wat gehou is.

Tydens die geleenthede is duur geskenke uitgedeel aan gaste. Die spog-dinees is in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou.

Die spyskaart het talle vleisgeregte, groente en ’n groot verskeidenheid nageregte gebied terwyl ’n bekende violiste-groep die gaste met hulle musiek vermaak het.

“As dit haar eie geld was, is dit ’n ander saak, maar dit is belastingbetalers se geld wat so verspil word,” is deur ’n LP van ’n opposisie party geopper.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het gesê dit is ’n skande dat die minister so roekeloos omgaan met belastingbetalers se geld terwyl daar duisende mense in die lans sit sonder kos en woonplekke.
Foto – Minister