..Kragdag – Om Eskom teen te werk……….


KragDag brei uit om die ideal van selfbehoud binne die bereik van Jan
Alleman te bring.
Foto’s van modderwater wat by munisipale krane uitstroom en talle berigte
oor kragonderbrekings herhinner ons daagliks aan die feilbaarheid van groot
netwerke waarvan ons afhanklik is. Dit beklemtoon ook die noodsaaklikheid om
ons eie ding te doen. Aan ons lywe voel ons ook die vreemde en veranderende
weerpatrone, wat getuig van die noodsaaklikheid vir elkeen van ons om ons
ekologiese voetspoor te verminder.

Die KragDag Organiseerders het vanjaar daarin geslaag om ’n ekspo aan te
bied waar Jan Alleman homself sal kan verwittig van vele innoverende planne
wat hulpvaardig sal wees tydens die strewe na ’n onafhanklike- en/of groen
leefstyl.
Die vyfde en grootste KragDag ooit, word op Saterdag 29 Junie 2013 te
Diamantvallei, ongeveer 20km oos van Pretoria gehou! Die organiseerders
be-oog om verlede jaar se besoeker tal van 3 000 te oorskry.
Meeste van die kwelvrae en gemeenskaplike probleme wat deur ons almal deel
word, is hierdie jaar deur die se KragDagspan aangesprek:

Die buitensporige hoë koste van elektrisiteitstoevoer, word nie net deur
middel van die seminaar op Vrydag 28 Junie 2013 aangepreek nie, maar kan ook
deur die groot aantal Kragbesparings en alternatiewe kragbron uistallings op
die dag besigtig word.
Daar is ook nog uitstallings wat onder andere handel oor opvoeding,
voedselproduksie, veiligheid en biogas. Dawie Roodt praat oor
Entrepeneurskap en die werklike rol van die regering by die Ekspo self op
Saterdag 29 Junie 2013. En daar sal ’n verskeidenheid van produk en diens
bekendstelling plaasvind deur die loop van die dag.

Vanjaar word die stygende brandstof pryse ook deur meer as een uitstaller
aangespreek. Elektriese motors het die afgelope maand opslae gemaak in die
nuus. KragDag se besoekers sal hierdie jaar ook kan sien waaroor al die
bohaai gaan deur te kom kyk na die elektriese motors wat deur Grid Cars
vervaardig word, as ook die Universiteit van Johannes-burg se Solar
aangedrewe motor.

Oudergewoonte is daar genoeg om aan te smul en genoeg om die hele gesin te
vermaak. Daar is weer hierdie jaar die geleentheid om in ’n helikopter te
vlieg, asook perderitte en vanaf 15:00 ’n groot skerm om die rugby op te
kyk. Vir diegene wat rustig wil verkeer oor middagete sal daar die tee- en
biertuin wees, waar Musica Bella ( ’n simfonie-orkes) sal sorg vir pragtige
musiek.

Die hekke open 9:00 op die 29ste Junie en die uitstallings en stalletjies
sal beskikbaar wees tot 16:00. Die hekfooi is R25 per volwassene (kinders
verkry gratis toegang) en die parkeering is R10 per motor. Hierdie jaar gun
KragDag egter mense wat vooraf vir die ekspo registreer op www.kragdag.co.za
die geleentheid om die R25 hekfooi vry te spring en gratis toegang te
verkry.

Daar is ook steeds ‘n beprekte hoeveelheid kaartjies vir die Seminaar
beskikbaar. Vir meer inligting oor die Seminaar of die Ekspo besoek
www.kragdag.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected] of skakel: 012
940 1942

Vriendelike Groete
Risella Botha – KRAGDAG KOöRDINEERDER

Tel: 012 940 1942
Faks: 086 771 1091
Web: http://www.kragdag.co.za