Koper-diewe floreer


Alhoewel diefstal op Koper in Mei vanjaar afgeneem het met 10%, is dit nog ’n florerende bedryf wat maandeliks sowat R10 miljoen beloop.

Volgens die Sacci-koperdiefstal barometer is koper ter waarde van R9 miljoen in Mei gesteel, vergeleke met R10 miljoen in April.

Die volume van koper wat gesteel is was sowat 132 ton in Mei, teenoor 150 ton in April.

Waarnemers sê dit is duidelik dat die owerhede nie instaat is om die diefstal hok te slaan nie aangesien die kopers van die metaal nie vasgevat word nie.

Daar moet net ’n verbod geplaas word op die inkoop van koper sonder die nodige permitte, word gesê.