Karoo woedend oor Transnet plan


Die inwoners van De Aar wil hulle veldtog verskerp teen Transnet se plan om etlike duisende ton asbes buite die dorp te stort.

Transnet probeer om ‘n lisensie te kry om asbes wat in spoorlyne en myne gebruik is, te stort.

Transnet het meer as 55,000 ton asbes waarvan hulle ontslae moet raak.

Die dorp se inwoners sê daar was geen gesprekke gevoer met hulle nie en hulle wil nie die asbes op hulle voorstoep hê nie.