Kameelperd trotseer BMW


Mnr. Buks Westraad, ’n Bloemfonteinse sakeman het ’n noue ontkoming beleef toe ’n kameelperd teen die spoed van ’n jagluiperd bo-oor sy duur BMW sportmotor gehardloop het.
Die dier se een hoef het rakelings by sy kop verby gegly.
Met die kap van sy BMW sportmotor afgeslaan die eienaar van die Emoya-landgoed verlede Saterdagoggend rustig gery toe die vyfjarige kameelperd
bo-oor sy spogmotor gehardloop het.
Hy het tussen 10 km/h en 15 km/h gery en was oppad na ’n gastehuis toe dit gebeur het.

Mnr. Westraad meen die dier moes vir iets geskrik het. Gewoonlik is die kameelperd baie rustig.
.
Hy het nog nooit so iets gesien of ervaar nie, het hy gesê.