Kabelspoor beplan vir Drakensberg


Beplanning word gedoen, tesame met ’n lewensvatbaarheidstudie om ’n 3, 3 km kabelspoor op te rig teen die Drakensberg in die Drakensberg-wêrelderfenisgebied.

Die bedoeling is om met die kabelspoor en ander ontwikkeling die gebied tot groter hoogtes te lei en daarmee die toerismebedryf ’n hupstoot te gee.

Die meesterplan dui daarop dat dieselfde ontwerp as wat teen Tafelberg gebruik word, hier toe te pas.

Al die tersaaklike faktore word in ag geneem aangesien die ontwikkeling nie afbreuk of inbreuk moet maak op die gebied wat as wêrelderfenisgebied geproklameer is nie.

Die studie sal hopelik voor die einde van 2013 afgehandel wees tesame met ’n kosteberekening.