Kaapse vrou stel rekord op


“Alles het dood gevoel. Die enigste ding wat wakker was, was my brein,” het Cecilia Schutte (35) van Milnerton in die Wes-Kaap vertel terwyl sy letterlik blou van die koue, en klappertand uit die water geklim het.

Sy het sowat een myl (of 1,6 km) in yskoue water van 4 °C geswem. Sy het die afstand binne 39 minute afgelê.
Die ryp het soos kapok gelê, en die bergtoppe was oortrek van sneeu toe sy die yskoue water trotseer het om ’n nuwe rekord op te stel.

Sy het die swem ervaring in die Matroosberg-natuurreservaat aangepak en is die eerste persoon wat die afstand in sulke koue water aangedurf het.

“Sodra jy in die water klim, gaan jou liggaam in skok en sê vir jou jy is in ’n gevaarlike sone. Ek is al gewoond aan sulke omstandighede,” het sy vertel.
Foto – Cecilia Schutte