Kaap van Storms eis lewens


Kaapstad se rampbestuur het hulle hande vol om die erge storms en die gevolge daarvan te moniteer en hulp te bied waar dit nodig is.

Volgens ’n verklaring van die Rampbestuur is meer as 20,000 mense ernstig getref deur die storms in die skiereiland.

Na berig word is sowat 9,000 plakkershutte is onder water terwyl wind en hael ‘n groot aantal huise beskadig het.

Intussen is gerapporteer dat minstens twee mense in padongelukke gesterf en altesaam 30 ongelukke is aangemeld wat veroorsaak is deur die gure weersomstandighede.