Jy het regte tydens padblokkades


Mnr. Johann Marx, ’n motoris van die Wesrand is omgekrap na die Johannesburgse metropolisie (JMPD) hom talle kere met arrestasie gedreig het om uitstaande boetes by ’n padversperring te betaal.

Johann Marx is in Ontdekkersweg, Roodepoort, by ’n JMPD-versperring voorgekeer en ’n dokument van ses bladsye met uitstaande boetes aan hom oorhandig ten bedrae van meer as R27,000, waarvan sommige bedrae terug dateer in Maart 2009.
.
Hulle wou hom intimideer om die bedrag by die “wit bussie” te gaan betaal, maar mnr. Marx het hulle duidelik laat varstaan dat hy die wette ken. Hy het geen dokument ontvang vir ’n spoedoortreding nie, en weier om enige bedrae te betaal. Hy sal ook nie verplig kan word om ingevolge wetgewing die boetes by ’n “padblokkade” te betaal nie.

Adv. Anton Alberts het gesê die omstrede Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) maak nie voorsiening vir die opstel van padversperrings nie. Beamptes mag ook nie motoriste arrestasie vir uitstaande boetes of hulle dreig nie.

Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project South Africa, stem saam met Alberts dat as motoriste op die wyse gedreig word klagte en selfs siviele eise teen die JMPD ingedien kan word.

Motoriste wat voel hulle word deur verkeersbeamptes geïntimideer, kan die teenkorrupsie-eenheid skakel by .0800 002 587.

Motoriste moet ook daarop let dat Aarto nie deel vorm van verkeerspersoneel of enige padversperrings nie. Verder is enige Aarto-boete dokumente wat nie per geregistreerde pos of persoonlik afgelewer is nie, onwettig en behoort aan Aarto gerapporteer te word.
.