Jong seun word Internasionaal vereer


Simon Scholtz (17) van Pretoria is in New York, VSA vereer vir sy projek om krag op te wek.
Hy is ’n skolier van die Hoërskool Montana en is by die Genius-olimpiade in Oswego vereer met ’n goue medalje vir sy eenvoudige konsep wat in bestaande spoedhobbels in strate geïnstalleer kan word om krag aan valhekke, advertensieborde en selfs verkeersligte te voorsien.

Simon het die plan gemaak tydens ’n vakansie toe sy pa gekla het oor die baie hobbels waaroor hulle moes ry. Hy het begin dink en die plan uitgewerk.
.
Sy konsep is eenvoudig. ’n Staaf word in die middel van die spoedhobbel gemonteer wat deur ’n motor se buiteband afgedruk word as dit daaroor ry en dan ’n dinamo aktiveer om krag op te wek.
Die konsep is eenvoudig maar uiters effektief waar baie voertuie ry.

’n Enkele motor wat oor die hobbel beweeg se vier wiele sal 63 Watt se krag opwek.
Foto – Simon en sy proto-tipe ontwerp