Jong dame openlik aangerand


Lauré van Rensburg (21), is verlede Saterdag deur drie swartes in Bloemfontein aangeval en twee keer met ’n mes of skroewedraaier gesteek.

Sy het op die skurke se bevel haar geld, ’n selfoon en handsak aan hulle oorhandig. Sy was ook bevrees dat hulle haar in die straat sou verkrag.

Lauré is in die Pelonomi-hospitaal opgeneem en behandel vir haar een long wat in die aanval raak gesteek is.

Sy het na haar vriendin gestap toe drie mans by haar sigarette gevra het. Toe oorval hulle haar. Sy het probeer wegvlug, maar een het haar ingehaal en met n mes gesteek. Sy het geval en is eers veel later deur ’n man en vrou in ’n Mercedes-Benz opgelaai.