Japan skenk miljarde aan Afrika


Sowat R325 miljard in finansiële bystand gaan deur Japan in die volgende vyf jaar aan Afrika skenk, waarvan ’n aansienlike bedrag aan Suid-Afrika toegeken is.

Dit is tydens ’n openingstoespraak bekend gemaak deur die Japanse Eerste Minister, Shinzo Abe.

Die belofte wat gemaak is met die opening van die vyfde internasionale Tokio-beraad oor Afrika-ontwikkeling is deur menige Afrika leiers verwelkom in ’n verklaring van die Afrika Unie.

Duisende gaste, insluitend meer as 30 staatshoofde van Afrika, het positief op dié uitnodiging reageer.

Die beraad word onder andere bygewoon deur, Nkosazana Dlamini-Zuma, Ban Ki-moon van die VN en die president van die Wêreldbankgroep, Jim Yong Kim.

Ekonomiese waarnemers sê dat Suid-Afrika die skenking tydig sal vind aangesien die Britse regering besluit het om nie vêrdere skenkings aan die land te maak nie.
Foto – Eerste Minister Shinzo Abe