Japan gedagvaar weens walvis jagtery


Australië het Japan verkla en ’n hofsaak aanhangig gemaak omdat Japan se walvis-jagtery steeds voortgaan. Die aangeleentheid sal nou in die Internasionale Strafhof aangehoor word.

Die Prokureur-generaal van Australië, Mark Dreyfus, het gesê hy glo sy regering sal die saak wen.

Australië is ten sterkste gekant teen alle vorme van walvisjag, insluitende jag vir sogenaamde wetenskaplike redes deur Japan, ” het Dreyfus gesê.

Australië is van mening datJapan se optrede met walvisjag in stryd is met die land se verpligtinge teenoor die nternasionale gemeenskap en moet gestop word.