IT-man eis miljoene van Reserwebank


Mark Shuttleworth, ’n IT-sakeman is blykbaar onregmatig van sy eiendom ontneem toe hy ’n 10%-heffing aan die Reserwebank moes betaal op sy bates wat hy uit Suid-Afrika weggeneem het.

Dit was onwettig en prosedureel onbillik dat hy van sy eiendom ontneem is.

So het adv. Gilbert Marcus SC geargumenteer in die hooggeregshof in Pretoria waar ’n aansoek van Shuttleworth teen die SA Reserwebank, asook teen die Minister van Finansies en pres. Jacob Zuma as die respondente, aangehoor is.

Shuttleworth, wat die heffing onder protes betaal het, vra noudat die hof die Reserwebank moet beveel om ’n terug betaling te doen.

Shuttleworth het ’n onderneming in 1999 teen $575 miljoen verkoop.
Die bestaande valutabeheer-stelsel in Suid-Afrika het die multi-miljoenêr gedwing om in 2001 te emigreer en toe is sy bates in Suid-Afrika van meer as R4 miljard geblokkeer volgens hofstukke.
.
Van 2001 tot 2008 kon hy van sy bates uitvoer na die buiteland. In 2009 het hy besluit om alles uit te voer. Uit die RSA.
.
Die Reserwebank het daarop ’n 10%-heffing op sy bates gehef as ’n voorwaarde vir toestemming vir die uitvoer van sy bates. Intussen is die heffing afgeskaf.