Is dit ’n wêreldrekord?


As iemand op die ouderdom van 105 jaar steeds agter die stuur van sy motor kan inklim, met ’n wettige rybewys ter hand, dan is dit waarskynlik ’n wêreldrekord.

Bob Edwards bestuur reeds vir 88 jaar, was in een motorongeluk betrokke en het net een verkeersoortreding begaan waarvoor hy beboet is.

Die bejaarde man het te kenne gegee dat daar geen rede is waarom hy nou moet ophou om te bestuur nie.