Internasionale verhouding word asynsuur


Die spanning tussen die regerings van Suid-Afrika en Brittanje het aansienlik verhoog met die bekendmaking dat Brittanje se spioene sekere inligting bekom het deur e-posse te onderskep en te moniteer, telefoon oproepe af te luister en afgevaardigdes te oorreed om toerusting te gebruik wat monitering moontlik maak.

Dokumentasie wat nou die lig sien dui daarop dat Brittanje se spioene ook aangesê is om in te breek op Suid-Afrikaanse afgevaardigdes se rekenaars.

Edward Snowden, ’n voormalige rekenaartegnikus van die VSA se veiligheidsagentskap het die inligting aan ’n Britse koerant gegee.

Ons het ’n sterk en hartlike verhouding met Brittanje en doen ’n beroep op hul regering om dié saak deeglik te ondersoek en sterk en sigbaar teen oortreders op te tree.
Die woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Clayson Monyela, sê die regering het met kommer daarvan kennis geneem.

“ Ons veroordeel die skending van privaatheid en basiese menseregte, veral as dit gedoen word deur diegene wat hulself demokrate noem. Ons doen ’n beroep op die Britse regering om dié saak deeglik te ondersoek en sterk en sigbaar teen oortreders op te tree.”

’n Spesifieke dokumente wat onthul is, bevat gegewens om ’n volgehoue veldtog te handhaaf om van 2005 te moes poog om Suid-Afrikaanse rekenaars binne te dring.