Instandhouding nie ANC beginsel


Van die 88 padskrapers waaroor die Departement Openbare Werke van Oos-Transvaal beskik, is 43 stukkend en buite werking.

Die grondpaaie in dié provinsie is op verskeie plekke in ’n haglike en onbegaanbare toestand.

Dikiledi Mahlangu, die LUR, het erken dat die toestand van bykans 60% van die grondpaaie in Oos-Transvaal “uiters sleg” is.

Die provinsie het meer as 8, 500 km grondpaaie maar die LUR sê die provinsie het te min geld om die paaie behoorlik in stand te hou.

Sy sê byna 2,000 km van die paaie moet dringend ’n nuwe gruislaag kry en dit gaan na raming byna R800 miljoen kos.

Dit is geld waaroor die provinsie nie beskik nie, het sy gesê.
Waarnemers betwyfel die koste aangesien dit onwaarskynlik is dat dit R1 miljoen kan kos om 2,5 km met gruislaag te bedek.