In sy huis doodgeskiet


Mnr. Roelof du Plessis (46) is Donderdagoggend in sy woonhuis doodgeskiet nadat vyf terroriste die huis in ’n middernagtelike uur binnegekom het. Hulle het eers sy seun aangehou en wou weet hoeveel mense in die huis is.

Roelof het wakker geword en gaan kyk wat aan die gang is toe hy hom vasloop in die terroriste. Die seun het daarin geslaag om te ontsnap en hulp gaan vra by die bure.

Roelof het in ’n hewige geveg betrokke geraak en is met ’n aantal skietwonde gelaat.

Die rowers het gevlug sonder om iets uit die huis te neem.

Roelof is in sy vrou Laura se arms dood.

‘Ek kan nie my hande was nie. Dit is my man se bloed,” het sy later huilend gesê.