Huis brand af – Brandweer te stadig


’n Gesin van Verwoerdburg moes staan en toekyk hoe hulle huis tot op die grond afgebrand het omdat die brandweer meer as ’n uur geneem het om by die toneel op te daag.

Mev. Bets Pfister, haar twee seuns, haar broer en dié se seun moes inderhaas die huis uit vlug gedurende die aand.
Geen onraad is gemerk toe Bets die aand gaan slaap het nie. Sy het tee gemaak vir haar broer, toe Boeke gevat in die kamer, en gaan slaap.

Sy sê die Here het haar wakker gemaak, en hulle kon betyds uit die huis vlug.

Toe die brandweer eers na ’n uur opdaag, kon hulle nie die brandslag vind nie. Gevolglik het hulle gestaan en kyk hoe alles tot as verbrand.
Mnr. Pfister was nie tuis toe die tragiese gebeurtenis plaasgevind het nie.

Mev. Pfitser se broer is in die hospitaal opgeneem nadat hy brandwonde opgedoen het toe die yskas ontplof het.

Die oorsaak van die brand kon nie vasgestel word nie.