Honde vergiftiging neem toe


Kempton Park: Aan die Oos-Rand is ’n SMS-aanmelding fasiliteit by Kempton Park inwerking gestel wat aandui dat minstens 41 honde die afgelope twee maande in die gebied vergiftig is.

Mnr. Kenneth Erasmus het blykbaar die stelsel in gestel na sy eie twee honde vergiftig is.

“Die polisie doen selde, indien ooit, iets waar honde vergiftig is, het hy gesê.

Volgens Erasmus is die vergiftiging van honde ’n drievoudige slag vir eienaars.
Ten eerste is dit ’n emosionele saak om ’n dier op onmenslike manier dood te maak. Daar is ook ’n finansiële implikasie en ten derde ontstaan daar ’n 95% kans dat rowers en terroriste ’n aanval op die wooneenheid gaan uitvoer indien die dier doodgaan..

Indien die dier betyds by ’n veearts kan uitkom, gaan dit soveel as R5,000 kos om die dier se lewe te red.