Hofdatum oor e-tol vasgemaak


Regter Lex Mpati, president van die Appèlhof, het twee dae gereserveer vir die saak oor e-tolstelsel in Sentraal Transvaal.
Die Appèlhof sal op 25 en 26 September die saak van Outa aanhoor.
Dit het ook bekend geword dat Regters F. Brand, N. Nugent, X. Petse, C. van der Merwe en K. Swain die saak gaan aanhoor.
Die feit dat Outa binne enkele dae R2,5 miljoen aan skenkings ontvang het vir die hofsaak, het dit moontlik geword om voort te gaan met die saak.

Die appèl spruit uit verbete gevegte tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) oor die heffing van tolgeld op snelweë in Sentraal Transvaal..