Hani nou by Agang


Die vermoorde Chris Hani se dogter, Vanessa, het by Mamphela Ramphele se Agang aangesluit en sê die ANC het haar pa se nalatenskap verraai.

Sy het gesê die ANC se optrede het haar geen keuse gelaat as om by Agang aan te sluit nie.
Agang is glo Saterdag amptelik as nuwe politieke party bekendgestel.
Hani sê die ANC en die SAKP het nie meer ’n doelgerigte rigting nie.

Desmond Tutu het intussen aangekondig dat hy nie langer deel van die ANC wil wees nie en nou sy stem voeg by Mamphela Ramphele se Agang party.

Samesprekings tussen Agang en ander politieke partye soos Cope en UDM het nie veel opgelewer nie behalwe dat daar ooreen gekom is om mekaar te help by stemlokale met prosedures en stemme tellery.

Mamphela Ramphele en Chris Hani was jare gelede in ’n verhouding betrokke.