Griekeland tree drasties op


Die Regering van Griekeland het sonder vooraf aankondigings, die land se nasionale Uitsaaidiens van die lug afgehaal met die verduideliking later dat dit gedoen is om geld te spaar wat deur die Uitsaaidiens vermors word.

‘n Woordvoerder van die Griekse regering het die uitsaaier se vermorsing van geld skerp gekritiseer.

Kykers het nog na uitsendings van die hoof TV-kanaal gekyk toe die uitsendings eensklaps gestaak is en geen TV beeld sigbaar was nie.

Duisende Grieke het buite die Helleense Uitsaaikorporasie byeengekom om teen die sluiting te betoog.