Google belê miljoene in Noord-Kaap


Google, die Internet se reus, gaan sowat R100 miljoen in ‘n sonkragprojek bele in die Noord-Kaap om sodoende die ingebruikneming van hernubare energie te versnel.

In ’n amptelike verklaring op sy webwerf is bekend gemaak dat hulle kyk veel wyer as Amerika en Europa.
Ander dele van die wêreld is belangrik vir die reus want dit vorm ‘n groter invloed.

Wanneer die aanleg van 96 megawatt opgerig en in werking is sal die Noord-Kaap die grootste sonenergie-installasie in Afrika hê.

Die aanleg sal ongeveer 30,000 huise van krag kan voorsien.

Die Vryburger het in Februarie berig van ’n aantal sonplase wat in die land opgerig gaan word om die dreigende energiekrisis af te weer.