Glynnis Breytenbach weer geskors


Adv. Glynnis Breytenbach is amptelik alweer uit haar pos as die Gautengse streekhoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid verwyder.

Haar regsverteenwoordiger, Gerhard Wagenaar, het bevestig dat hy ‘n brief van die kantoor van die Staatsprokureurs in die verband ontvang het.

Daarvolgens moet Breytenbach vir diens aanmeld by die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging.

Die NVG het Breytenbach opdrag gegee om haar pligte te hervat na sy in April 2012 met betaling geskors was hangende ‘n ondersoek.

Die NVG vra die Arbeidshof in Johannesburg nou om die uitspraak te hersien waarin sy vrygespreek is op al vyftien die klagtes van beweerde wangedrag.

In die hofstukke word gevra dat Breytenbach skuldig bevind word en derhalwe afgedank moet word.