Ghadaffi-miljoene betaal dalk wapentuig


Die sogenaamde “Ghaddafi-miljoene” wat ook goudstawe insluit wat blykbaar in die kluise van die Johannesburgse ( Tambo) lughawe geberg is, mag dalk as betaling aangewend word om die beoogde wapentransaksie tussen Suid-Afrika en Libië ter waarde van miljarde Rand te beklink.

Libiese wapenhandelaars onderhandel tans met Suid-Afrika, ondanks Verenigde Nasies (VN) se beperkings.

Die VN se Veiligheidsraad het ’n resolusie aanvaar wat bepaal dat die Libiese regering militêre toerusting hoofsaaklik vir humanitêre doeleindes mag bekom..

Libiese verteenwoordigers vertel openlik dat hulle toegang het tot die “Ghaddafi-miljoene” wat na bewering in Suid-Afrikaanse banke gehou word.

Die eerste deel van die beoogde bestelling beloop glo R8 miljard. ’n Bestelling vir 14 Rooivalk helikopters is ook ter sprake.

Die voorlopige bestelling wat deur Libiese verteenwoordigers vir onderhandelinge op die tafel is, sluit ook 150 Rooikat gevegsvoertuie in.

’n Afvaardiging uit Libië het glo Denel intussen besoek.