Gevoellose “twiets” oor Mandela


Dit is nie almal in die wereld wat aanbidders en bewonderaars van Nelson Mandela is nie.

Talle “gevoellose opmerkings is op sosiale netwerke gemaak deur mense in die buiteland.

Een so ’n “twiet” lui:

“Dit lyk asof die heilige Nelson Mandela op sy pad uit is. Maak seker om die BBC te vermy wanneer die moordende ou terroris die emmer skop. Dit sal jou naar maak.”
Dié “twiet” deur Nick Griffin, leier van die Britse Nasionale Party (BNP), het gister op die sosiale netwerk verskyn.
In ’n “twiet” daarna het Griffin gesê Mandela was die heilige van ’n goddelose geloof.

Hy het ook geskryf Suid-Afrika was voor Mandela se tyd ’n ekonomiese magsentrum, maar is nou ’n misdaad geteisterde “basket case”.
Foto – Griffin