’n Hofbevel is in die Vrystaatse hooggeregshof uitgereik wat dokters en spesialiste toelaat wat in diens van die Vrystaatse regering is en ook private werk gedurende hul werkure doen, voorlopig daarmee mag voortgaan.
Regter Jordaan het in sy uitspraak dit duidelik gemaak dat die Vrystaatse LUR dié private dienste wat geneeskundiges lewer, met ’n kennisgewing verbied het sonder dat hy met enige dokter of spesialis vooraf gekonsulteer het.
Die regter het ook gelas dat die koste van die aansoek, hangende die uitkoms van die hersieningsaansoek, oorstaan.
Die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) het in ’n hof verklaring gesê LUR Malakoane het dié private dienste wat dokters gelewer het summier verbied.
Luidens die hofstukke was daar geen onderhandelinge of raadpleging met geneeskundiges nie.
En daar is omtrent nie meer veel Dokters in die staats hospitale meer oor nie.
Die res wat nog hulle weg oopgesien het om te help, sal seker nou tweemaal dink om voort te gaan.
Dokters sal nooit sonder werk sit nie.