Gaddafi se miljarde in RSA banke


Miljarde Rand wat aan die Libiese diktator Muammar Gaddafi behoort het, word blykbaar in banke van Suid-Afrika gehou.

Ondersoekbeamptes van Libië beweer hulle het bewyse opgespoor dat meer as R10 miljard in kontant, goud en diamante deur vier Suid-Afrikaanse banke en twee sekuriteitsmaatskappye gehou word.

“Ons is tans besig om die groep se eis te verifieer,” het Sikhakhane gesê.

Salah Marghani, ’n beampte van die Libiese ambassade, het aan die Sunday Times gesê ondersoekbeamptes is “aangestel om, namens die mense van Libië, bates in Afrika te ondersoek en te verseker”.

Gaddafi is in 2011 tereggestel ná ‘n politieke opstand in Libië.