Die Franse nuusagentskap, France24, het berig dat blankes nie die hospitaal besoek waar die terroris Mandela aan die lewe gehou word en tot die gevolgtrekking gekom dit is omdat blankes die dag vrees wanneer hy tot sterwe kom.
Dit is inderdaad so dat blankes nie siekebesoek afle by die ou terroris nie, maar die gevolgtrekking van die Franse verslaggewer is feitelik verkeerd. Blankes het geen erg aan Mandela nie, omdat hulle geen respek het vir terreur dade en gevolglik ook nie vir die terroriste wat daardie dade pleeg nie.
Die Boervolk by uitstek vrees beslis ook nie die dag as die ou terroris te sterwe kom nie, in teendeel, daar kan ‘n soort opgewondenheid bespeur word omdat die moontlikheid bestaan dat die Boerevolk nog ’n tree nader aan sy vryheid kan kom.
Die Boervolk is ‘n gelowige volk, wat die werk van die duisternis nooit sal vrees nie.
Ja daar is so n afwagting en stille opgewondenheid by ons mense. (Jy voel en ruik dit in die lug) Ons leef nou te lank onder die verraaiers swaard.
Die franse mannetjie wat die berig geplaas het, wou seker sy “kennis” met die wereld deel.
Aan al my boere vriende mag dit goed gaan en Hy Sy hand van beskerming oor julle hou.
Die BoereVolk is gelowig, ons het nie nodig om te vrees nie, ons Lewende Skepper en Vader kyk na ons. Ps 23
hierdie terroris mandela en sy klomp ongelowige trawante (anc) en die verraaiers, gaan nog die bitter pil sluk!. Wel mandela is klaar besig om sy bitter pil te sluk!
Natuurlik is ons Boerevolk nie bygelowig of bang nie!!! Maggies ons kan mos net aan Bloedrivier dink, dan weet ons van ons Lewende Vader in die Hemel se beskerming en redding. Ons het nie nodig om saam met die verraaiers en bygelowiges en ongelowiges te leef nie. Hoekom sal ons ‘n terroris nou eintlik wil besoek? Ek vra maar net.
Natuurlik vrees ek, ek vrees dat ek nie genoeg vleis gaan he vir die partytjie wat ek gaan hou as hy die emmer skop.