Franse polisiediens op-en-wakker.


Die Franse polisie het ses kwaaddoeners in Parys in hegtenis geneem wat terreuraanvalle beplan het in Frankryk..

Die aanklaer se kantoor in Parys sê die ses verdagtes word deur teenterreur-beamptes ondervra. Die ses is blykbaar ’n sameswering van ‘n radikale Islamitiese terreurgroep.

Agnes Thibault-Lecuivre, ‘n regeringswoordvoerder, sê die verdagtes is reeds Maandag in hegtenis geneem.

Die Franse owerhede is op ‘n baie skerp gereedheid nadat Franse soldate vroeg vanjaar betrokke was om aansienlike groot dele van Mali te verlos uit die hand van Islamitiese ekstremiste.

Frankryk is bekend vir sy doeltreffende polisiemag wat deurlopend ’n wakende oog hou op moontlike terreurdade van radikale groepe.