Foto van moordtoneel ruk familie


Die foto in die media van die moordtoneel in Oscar Pistorius se woonhuis het sy familie geruk, het Arnold Pistorius gesê.

Sky News se webtuiste in Brittanje het eerste die foto gepubliseer.

Die foto toon dat ‘n paneel van die toiletdeur verwyder is en twee merke onder die handvatsel is deur die koeëls veroorsaak.

Die familie het herhaaldelik gevra dat die regsproses sy gang met integriteit moet gaan.
Hardnekkige gerugte doen nou die rondte dat een of meer polisiebeamptes foto’s met selfone geneem het en aan buitelandse media verkoop het teen astronomiese bedrae.
Foto – Oscar Pistorius