Finland neem swart kinders aan


Volgens statistieke is daar reeds sowat 400 swart kinders uit Suid-Afrika deur Finse egpare aangeneem.

Sello Moloto, die ambassadeur in Finland, sê talle Finse egpare neem kinders aan in plaas van om eie kinders te hê.

Hy het ook tekene gegee dat Finse egpare kinders uit Suid-Afrika verkies bo dié van ander Afrika lande.
.
“Dit is wonderlik. Hulle word ‘n nuwe lewe in Finland gegee,” het Moloto gesê.

“En weet jy, hierdie aangenome kinders het ‘n baie beter lewe hier in Finland as sommige middelklas families in Suid-Afrika, selfs beter as my kinders. Hulle het kitare, iPads en baie ander dinge,” aldus Moloto.