Europese Unie wil invoere blokkeer


Die Europese Unie (EU) wil hul invoer van Suid-Afrikaanse sitrusvrugte beëindig, sê Mxolisi Nkosi, die Suid-Afrikaanse ambassadeur in België.

“Daar is ‘’n toenemende tendens om te dreig om sommige van Suid-Afrika se uitvoere, insluitend sitrus te staak,” het hy in Brussel gesê.

Hy het ook gesê die sitrusbedryf dra R6 miljard by tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk.

Sowat 40% van Suid-Afrika se sitrus gaan aan die Europese Unie, wat dit een van die land se belangrikste markte maak.

Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van heel lemoene en pomelo’s ter wêreld.

Sitrus invoere is deur die EU opgeskort nadat swartvlek in sommige besendings gevind is.