EU ekonomie besig om te herstel


Volgens die President van die Europese Sentrale Bank (ECB), Mario Draghi, is die Europese Unie se ekonomie op koers vir herstel teen die tweede helfte van vanjaar, danksy die ECB se gemakliker monetêre beleid. Die inligting is bekend gemaak in Draghi se voorlegging vir die Internationale Monetêre Konferensie in Shangai.

Volgens Draghi is rentekoers tot ‘n minimum verlaag in Mei 2013 en dit sal nog verder verlaag word indien nodig. Ekonomiese beheermaatreëls vorder goed. Inflasie word fyn dopgehou nadat dit in Mei toegeneem het tot 1,4% na April se 1,2%. Hy het ook die ECB se verkoop van bankeffekte verdedig na aanleiding van die huidige hofsaak in Duitsland teen die uitreiking daarvan en gesê dat die addisionele fondse bydra om die ekonomie aan te help. Die Europese Kommissie het ook bekend gemaak dat verskeie lidlande meer tyd het om hulle teiken tekorte reg te stel.

Draghi het bygevoeg dat daar nog steeds swakhede in die ekonomie is en dat lande by hulle fiskale regstellings moet hou, want dit skep vertroue. Daar moet vir die medium termyn verseker word dat regstellings op verhoogde produksie gebaseer word.