Elke dag hoor en lees Neelsie van mense wat kla oor ons volk se lot. Wanneer iemand egter ‘n voorstel maak dat die klaers moet registreer as kiesers op die VVK se kiesersrol, verander die klaery na snerpende aanvalle teen die VVK en ons verkose Boere-Afrikanervolksraad.
Dit het my laat besef dat jy regtig net kan doen soos die ou gesegde sê. Jy kan ‘n perd na die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie. Waarom kla mense as hulle nie bereid is om hul woorde in dade te omskep nie? Wat is dan die nut daarvan om te kla? Of reken die klaers dat hul klaery ander sal aanspoor om die probleme self uit te sorteer? Daar was al selfs mense gewees wat te kenne gee dat hulle sal registreer sodra daar ‘n miljoen mense op die kieserslys is. Dit kan en sal nooit gebeur as elkeen wat net wil kla nie self een van die eerste miljoen wil wees nie. Dink ‘n klaer dat hy of sy beter is as ‘n doener, en dat die doener alleen die sogenaamde risiko moet loop om te registreer? Neelsie vra talle vrae, en nie hy of die spul klaers kan op hierdie vrae antwoorde gee nie.
Ons is in ‘n enorme stryd om oorlewing gewikkel, en steeds is hierdie oorlewingstryd nie genoeg om mense in hul duisende te laat registreer nie. Die tyd het nou wraggies aangebreek dat ons mense tot die besef kom dat die Volksraad veel meer kan uitrig as hulle namens honderdduisende volksgenote mag praat. Ongelukkig het hulle tans slegs ‘n mandaat om namens 40 000 regdenkende volksgenote aksie te neem. Ek wil dan verder gaan deur ‘n reguit vraag te stel aan elkeen van die 40 000 volksgenote wat wel geregistreer is as kiesers. Wat doen jy om daardie getal van geregistreerde kiesers op te stoot? As elkeen slegs een persoon registreer staan ons klaar op 80 000. Dit is dus nie verregaande om te beweer dat ons heel gerieflik 150 000 volksgenote op die kiesersrol kan kry nie.
Ek moet weer beaam wat al tot vervelens toe geskryf is in hierdie weeklikse rubriek. Raak betrokke by die stryd, as jy geld het om by te dra, dra dit by. As jy nie geld het nie maar tyd en arbeid kan bied, bring dit. As ons almal soos ‘n goed geoliede masjien saamwerk in hierdie verband, dink net watter groot impak dit op ons vryheidstryd kan hê.
Indien jy kennis dra van ‘n registrasiegeleentheid wat deur iemand gereël word, stuur die inligting aan Die Vryburger sodat hierdie e-koerant, ons volk se spreekbuis, die volk in kennis kan stel van sulke geleenthede. Ek glo eerlikwaar nie dat my gawe redakteur my oor die vingers sal tik vir hierdie uitnodiging aan die volk nie, al is ek seker bietjie voor op die wa hiermee! Neelsie kan dit sommer nou al doen deur julle te laat weet van een so registrasiegeleentheid wat op 9 November plaasvind by Rooihuiskraalterrein in Verwoerdburg. Dit word gereël deur die Verwoerdburg Verkenners en sal ook dien as ‘n geleentheid waarop die volk van die Volksraadslede kan ontmoet. Neelsie het betroubaar verneem dat drie Volksraadslede reeds hul teenwoordigheid op hierdie dag bevestig het. Indien enigiemand finansieel of andersins wil bydra tot hierdie registrasiedag, is julle welkom om in verbinding te tree met die Verkenners wat die dag reël deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected] Ek glo hulle sal enige hulp ongelooflik baie waardeer.
En dit, in kort, is hoe Neelsie hierdie week sake sien. Wees paraat, wees veilig en wees trots op wie jy is en waar jy vandaan kom.
Boeregroete,
Kordaat Neelsie
Kordaat, ek sien dit so.
Tot by my verste nageslag sal daar op die roete wat julle besluit het op GEEN, maar GEEN vordering wees nie.
Al die instansies op jul lys van ring lek is ons vyandig, en al die organisasies waaraan julle nog sal dink om by te gaan lek ook.
Ek het nie `n probleem om iets te probeer doen nie, maar `n basiese kennis van wat vir die witman in die Bybel geprofeteer is en `n bietjie komensens sal toon jul mors die volk se tyd.
Wanneer oor `n eeu die laaste organisasie nie meer die moeite sal doen om eers terug te antwoord nie, sal miskien jul klein kinders begin verstaan.
Dan sal julle ook tot die besef kom net God kan ons help soos met Gideon en sy bende en Sarel Cilliers en Andries Pretorius en hul bende.
Maar die dade wat die VVK in woorde wil omskep om iewers te begin, lyk my alte veel na die pad van Piet Retief.
O, om die wapen op te neem sal ook nie huidiglik help nie.
Verset wel!
Verset vir ons geloof soos in die Woord van God!
NAASTELIEFDE!
As die VVK more aankondig dat hul alle lede vermaan om VREESLOOS saam te staan en van alle volks vreemde arbeid ontslae te raak en met die van verdrukte naastes te vervang, dan begin daar positiewe verset.
Daar is nog vele forme van positiewe verset waaraan ek kan dink sonder om wapen op te neem of tyd te mors en God te tart om voor die baals te gaan buig.
Maar lyk my julle het klaar besluit om Vader se waarskuwing van Sy jaloesie, te beproef.
Piet Jan:
Ek is nie die eerste of enigste persoon wat gaivol raak vir hierdie aanklag dat God nie geken word nie.
Om te wil insinueer dat God ons verlaat het, of om enige uitspraak namens God te maak, is laster.
Daar word voortdurend daarop gehamer dat ons “Na God moet terugkeer”
Wie maak die bewering dat ons aan hierdie wandaad van “Godsverlatenheid” skuldig is???
Wees dèm versigtig waarmee jy God van beskuldig. Nie jy of enigiemand beskik oor daardie kwalifikasie nie.
Dit is ‘n tipiese Rooms Katolieke sienswyse waar die een of ander aapkop Priester hom verbeel dat hy namens God sondes mag vergewe.
Lekker maklikke argument om te beweer dat ons “gestraf” word omdat ons kwansuis nie God in ons lewens het nie.
Ek beskou dit as aanmatigend van mense om met hierdie soort argumente ‘n standpunt te probeer maak.
As jy so sterk voel dat die Afrikaner op die verkeerde pad is, dan moet jy sekerlik dan die regte “Leier” wees.
Jy klink ernstig en ook oortuig daarvan dat jou resep die regte een is, en die res, soos jy beweer, op GEEN manier die stryd sal wen nie.
Dan is dit mos JOU verantwoordelikheid om oor te neem, en die mense met God se hulp na Vryheid te lei.
As jy dan aan God se wil voldoen, sal hy jou mos nie verlaat nie.
Of het jy ons nog nie die volle geheim vertel nie????
Piet Jan.
Moet nie jou asem mors nie, my ou vriend! Profeteer maar net, tydig en ontydig, soos Esegiël, dat Yahweh gees in die dor bene sal bring, sodat hulle LEWENDIG kan word! Dán sal hulle weet dat Hy Yahweh is!!
Vrede!
Ant
Vir my is dit heel eenvoudig. Ek kan op my agterstewe sit en wag vir iets om te gebeur of ek kan ‘n beskeie bydrae lewer om iets anders te doen as om net te praat. Ek dink nie enigiemand wat geregistreer is op die VVK se kieserslys, en selfs die verkose Volksraad, het ooit onder die indruk verkeer dat ons net ‘n stuk grond gaan ontvang en daarna in vrede en sonder probleme leef nie. Hierdie roete is slegs ‘n nodige deel van ‘n groter proses om iewers vir ons mense ‘n veilige hawe te skep. Aangesien ek nie ‘n waarsêer is nie, kan ek nie bepaal wat die toekoms vir ons inhou nie. Maar gesien in die lig daarvan dat ek in die hede lewe, moet ek die stryd aanpak vanuit daardie oogpunt. Tans word ons mense uitgemoor, so my eerste reaksie is om deel te raak van iets, of daardie iets die uiteindelike oplossing sal bied is nie vir my om te sê nie. Ek kan bid oor die saak, en nadat ek gebid het my hande gaan vuilmaak met eerbare arbeid. Wat ek egter nie kan doen nie, is om te bid oor die saak, en dan aan te neem dat ek nou my plig gedoen het en verder agteroor kan sit en wag vir redding nie.
Dit is ook nie volgens my “ringlekkery” om ‘n basiese roete te volg waarby die internasionale gemeenskap ingelig word oor ons situasie nie. Dis immers dieselfde roete wat die ou ZAR gevolg het voor die uitbreek van die Tweede-Vryheidsoorlog. Elkeen is geregtig op sy mening, maar daarmee saam moet ons verantwoordelik teenoor mekaar optree. Dis ongevraagd om my bv ‘n gatkruiper(om reguit te praat is dit maar ‘n ringlekker)te noem terwyl ek in my hart ook gefrustreerd is met die benarde situasie waarin ons verkeer. Ons moet mekaar mos bystaan en ondersteun, as ons nie met mekaar saamstem nie, gee ‘n alternatief. Mense wat alewig die Bybel gebruik om hul medemens aan te val, is gewoonlik diegene wat tevrede is om te sit en wag dat iets moet gebeur net solank hulle nie self iets hoef te doen nie. As jy nie die VVK of die Boere-Afrikanervolksraad steun nie, is dit reg. Moet hulle nie steun nie. As jy ‘n werkbare alternatief het, gaaf, deel dit met almal. My uitgangspunt is dat ek nie my kinders in die oë kan kyk as ek niks probeer nie.
Die VVK is ‘n verkiesingskommissie wat ‘n volksverkiesing gefasiliteer het, net soos wat die OVK ‘n verkiesingskommissie is wat hierdie land se verkiesings fasiliteer. Dit maak dus nie vir my sin dat die VVK altyd die blaam kry vir alles wat gebeur nie. Waarom blameer niemand die OVK as die ANC droogmaak nie?
Neelsie net ‘n kort beskeie bydrae tot jou kommentaar, ek is iemand wat dit waardeer wat die onderskeie organisasies doen vir die afrikaner, maar ek dink ook somtyds dat baie van hierdie organisasies se optrede planloos is en nie enige ondersteuning verdien nie.
Die grootste enkele probleem wat die afrikaner se toekoms nou in die wiele ry is die feit dat daar steeds organisasies gestig word met die verkeerde doel, die verkeerde of geen plan, die verkeerde leiers, die verkeerde benadering tov die politieke situasie van die afrikaner en so kan ons aangaan.
Ongelukkig sal die ideaal nou wees om meeste van hierdie organisasies wat baie van nutteloos in elk geval is van die tafel te vee en een organisasie te begin wat alle afrikaners akkomodeer en ook hulle eie unieke plan. Die meerderheid van hierdie organisasies gebruik afrikaner kultuur oordrewe as basis vir hulle aanslag op afrikanerregte en selfbeskikking teen die regering wat veroorsaak dat die res van die afrikaner nie daarin belangstel nie.
Dit net van die probleme wat ek sien as waarom daar so baie apatie by die afrikaner is tov die politiek. Ek wil ook net byvoeg dat my persepsie is dat geen opbouende kritiek deur hierdie talle afrikaner organisasies geduld word nie. Dit is ‘n geval van ons het so besluit en so sal dit wees aanvaar dit en as jy nie wil nie dan sê ons die afrikaners stel nie belang in hulle eie toekoms nie.
Mike,
Ek sou dink dat deur ‘n liggaam daar te stel wat reeds 40 000 mense as ondersteuningsbasis het, dit ‘n reuse sprong is vir ‘n sambreelorganisasie soos waarvan jy praat. Toegegee, opbouende kritiek word nie altyd ter harte geneem nie, maar dan is daar ook ‘n oorvloed van afbrekende kritiek soos om iemand wat iets probeer doen ‘n ringlekker te noem. Dit is vir my ‘n ongegronde en ‘n uiters swak smaak opmerking om te maak. Die vraag moet eintlik wees: Maak nie saak hoe sleg die huidige opsie dalk mag wees nie, is daar ‘n ander opsie op die tafel? Indien nie, gooi jou gewig in by dit wat reeds gevestig is. Afbrekende kritiek is in meeste gevalle gemik op die verkeerde persone, en getuig ook gereeld van onkunde. As hierdie opsie deur iemand beskou word as vyandig teenoor so persoon, moet hy eers sy huiswerk gaan doen en dan kritiek lewer. Dit gebeur egter selde, en die afbrekende kritiek sal seker op hierdie trant voortgaan tot daar niks meer van ons volk oor is nie. Kan enige ander organisasie wat vryheid nastreef verklaar dat hy ‘n mandaat het om namens 40 000 mense te praat? Ek hou van opbouende kritiek, dit gee my ‘n geleentheid om te verbeter. Ek het dus geen probleem daarmee as mense hulle menings lug as antwoorde op hierdie rubriek nie, en ook nie as hulle werkbare oplossings hier op die tafel wil plaas nie.
Piet Jan
Ek dink jy verstaan die VVK roete verkeerd. Die VVK benadering behels nie dat positiewe verset, volkseie antwoord ensomeer nie aangemoedig word nie. Inteendeel, as jy gaan kyk na die voorlopers op hierdie gebiede sal jy telkens sien dat hierdie mense ook by die VVK betrokke is. Die meeste voorlopers by die Oranje sake-instituut, oranje sakekamers, Oranjekas en talle ander volkseie besighede is VVK mense.
Tweedens gaan dit nie oor lek nie. Die VVK roete is is bloot die diplomatiese voorspel in die groter prentjie. As dit werk is niks verder nodig nie, indien nie is daar geen geregtelike gronde om teen verdere optrede deur die volk beswaar te maak nie. As Piet Retief uit die staanspoor die Zoeloes gaan uitmoor het en hul grond gevat het, het hulle vandag ‘n regverdige aanspraak gehad op groot dele van Natal. Omdat hy diediplomatiese roete eers gevolg het kan niemand vandag se ons het dit by hulle gevat nie. Dat hy meer paraat moes wees en minder vertrou het stem almal mee saam, maar dit is ‘n ander storie.
Die punt is, ons doen al hierdie ander dinge ook, maar al gebeur wat ookal met die VVK, ten minste is 40 000 mense reeds betrek by die stryd en word ingelig en wat het ons verloor daardeur? Mens kan meer as een ding doen!
In geloofsvertroue het die verslae Voortrekkers ‘n boodskap na Andries Pretorius gestuur en dringend sy hulp as leier gevra. Op sy beurt het Pretorius alle moontlike voorsorg getref vir die slag met die Zoeloes wat hy geweet het voorlê. Die kommando het selfs elke aand die waens in ‘n laer getrek om dit vinnig en reg te kan doen. Hoekom sou ons nou hande gevou sit en net bid. Dat ons bid vir ‘n Goddelike ingryping is waar en en ons glo dat God op Sy tyd en op Sy manier die wonderwerk sal laat gebeur. Maar ek glo vas en seker dat jy moet doen wat jou hand vind om te doen en daar is baie om te doen en die gewilliges is soos altyd maar min. Doen steeds die goeie werk wat jy in jou Afrikaner organisasie doen, maar registreer dadelik en ondersteun ons Volksraad wat bereid is om voor te loop.
Net my eie mening
“Moses het met die egiptenare gaan onderhandel voor die volk kon trek” ek dink daar is sekerlik baie meer as 150 000 mense wat die VVK steun maar net nog nie aan gesluit het nie, ek ken persoonlik sulke mense want ek en my vrou het hulle aan die VVK voor gestel maar hulle het nog steeds nie gerigstreur nie, seker maar omdat hulle nie die erns van die saak insien nie, ek glo ons moet almal die VVK steun soos Neelsie se omdat daar op hierdie oomblik nie iemand anders is wat n beter plan op die tafel het nie. Indien iemand met iets beter kan opkom glo ek almal by die VVK sal dit ook steun, so volksgenote kom ons spring aan die werk en ondersteun die mense wat reeds baie gedoen het.
Neelsie dankie vir jou antwoord. Ek wil graag so reageer op jou antwoord, moet dit aub nie sien as ‘n aanval op die VVK of die volksraad nie, sien dit eerder as kritiek op die werkswyse van die twee organisasies. My probleem lê nie by die einddoel (selfbeskikking) nie dit lê by die manier hoe hierdie talle organisasies daardie doel wil bereik. My mening hier is nie noodwendig net my eie nie maar ook die van die honderde duisende ander afrikaners wat nie deel is van bv. die VVK nie en dus ook nie gestem het nie. Uit die aard van die saak en jou oorspronklikke skrywe gebruik ek die VVK as voorbeeld.
Eerstens wil ek net seker maak van die 40 000 mense wat die volksraad steun, is dit mense wat gestem het in die verkiesing of is dit geregistreerde kiesers op die VVK se kieserslys? Ek vra die vraag omrede ek al soveel verskillende getalle gesien het, hoeveel mense het dan wel gestem?
Wat ek probeer sê is dat jy reg is dat ons moet ondersteun wat ookal op die tafel is, maar sou jy net blindelings dan so ‘n organisasie steun as jy duidelik kan sien dat hulle in elk geval nerens gaan kom nie? Hoe verduidelik jy dit aan die potensieele lid of kieser?
Die probleem met die volksraad en ander volksorganisasies is hulle absolute oordrewe verwysing en gebruik van hulle godsdiens, die woorde “boer” en “volk” en die vierkleur vlag en dan ongelukkig ook in die geval van die volksraad, die mense wat verkies is. Hierin lê die probleem ook waarom na soveel jaar daar geen noemenswaardige steun van afrikaner kant aan hierdie organisasies nie.
Om my standpunt te regverdig wil ek sê ons leef in ‘n wereld wat by die minuut verander en om te weier om jou strategie daarby aan te pas is so goed jy verseker jou eie ondergang. Ek bedoel geensins hiermee dat jy nou jou godsdiens of jou kultuur moet afsweer nie ek bedoel eerder hiermee dat dit meer oordeelkundig geniet kan word. As jy nou na ander organisasies binne afrikaner geledere gaan kyk wat wel suksesvol is met onderskeidelik morele en finansieele steun maar wat nie noodwendig afrikaner selfbeskikking voorstaan nie, dan sien jy die verskil tussen hulle en die meer ultra konserwatiewe lê hoofsaaklik binne hulle onderskeie benaderings tov hulle godsdiens beleid, kentekens, vlae, rassisme, name, lede ens ens.
Nou wil ek vra hoekom steun die afrikaner fisies en finansieel organisasies soos Afriforum? Hou aub in gedagte dat ek nie besig is om voorspraak te maak vir Afriforum of Solidariteit nie ek behoort aan geen van hierdie twee organisasies nie. Lede van hierdie organisasies stel ook belang in selfbeskikking maar bekyk hulle dalk die situasie vanuit ‘n nader hoek as bv die volksraad en hoekom? Ek wil laastens net sê die mens pas aan en beplan rondom sy omstandighede en die wereld rondom hom, die wereld gaan beslis nie by jou aanpas nie.
Mike somtyds is dit nodig dat ons mekaar moet inlig want sommige organisasies speel op mense se gevoelens en ook hulle emosies. Solidariteit het nagenoeg 130,000 lede waarvan ongeveer 20,000 volksvreemdes is. Afriforum het ook anderskleuriges vir lede. In die onlangse verlede het daar drie lede bygekom wat in die Wes Kaap woonagtig is.
Afriforum is ‘n burgerregte organisasie wat alle burgers se regte beskerm. M.a.w. as jy ‘n volksvreemde is en jy is ‘n landsburger, word jou regte ook beskerm.
Wat vryheid aanbetref is Solidariteit ingestel op kulturele vryheid binne die huidige regering stelsel. Hulle is voorstaanders van samewerking met die huidige regering. Een van die lede van Afriforum het by geleentheid met “oom Willem” gekorrespondeer en aan “oom Willem” geskryf dat hy die kleurlinge ook as Afrikaners beskou en hoe gouer ons, die Boerevolk hulle in ons geledere verwelkom, hoe beter.
Die VVK, geregistreerde kiesers by die VVK en die Boere – Volksraad is voorstaanders van soewereine vryheid. M.a.w. vryheid waar die Boerevolk oor homself regeer, eie skole, eie kerke, eie gebiede, eie wette ens. Wanneer ons ons vryheid verkry het, kom Piet Jan se versugtinge in werking. Ons moet onsself egter nie wol oor die oë trek nie. Om bogenoemde te vermag gaan nog Geloof en baie hardewerk van ons vereis. Dit gaan ook nie oor nag gebeur nie. Die Boerevolk is die regering van die dag se vyand en omgekeerd en daar lê nog ‘n opdraande stryd voor. My versoek is dat ons die stryd saam in geloof aanpak en ons sal die vrugte pluk.
Piet Jan ons sal jou met ope arms verwelkom as ‘n geregistreerde kieser en dan kan jy die Vryheidspad saam met ons stap en waar nodig ook leiding gee.
Gert
Gert Pretorius soos ek gesê het ek maak nie voorspraak vir Solidariteit of Afriforum nie inteendeel ek het hulle al menigte kere aangevat en hulle het my al verban op hulle facebook blaaie. Die doel van my skrywe gaan eintlik oor die verkeerde strategie wat die verskillende volksorganisasies gebruik om hulle doel te bereik. Kortliks hierdie organisasies hou nie rekening met die veranderde wereld om hulle nie dus bereik hulle geensins hulle doel nie maar hulle smeek die afrikaner vir ondersteuning.
Mike, kan jy meer spesifiek wees t.o.v. hoe by die veranderende wereld aangepas moet word?
Sheugnet maw ons kan nie meer die vierkleur, volkspele, godsdiens, aartappelsakresies, baarde, swastikas, bokdrolspoeg of ou volksname ens ens aan die jeug van vandag gaan voorstel om hulle steun te wen nie. Jy moet by hulle’ aanpas om hulle steun te wen vir jou saak met iets waaarvan hulle sal hou en wat tred hou met hoe die wereld vandag lyk sonder om jou doel te verydel.
Baie dankie aan Kordaat Neelsie vir heldere en suiwer siening en beskrywing van die VVK se opdragte. Ek sal graag net ‘n verdere bydrae hierby wil voeg. Hierdie gekose Volksraad doen alles op EIE koste. Ons moet, as kiesers, begin om self ook op te offer. Deur Finansiele steun.
Ek sal graag wil sien dat Die Vryburger, tesame met die VVK voorsitter, Paul Kruger, so ‘n VVK bankrekening oopmaak en kiesers – en lesers – se bydrae tot hierdie VVK Staatsfonds kan maak. Beter nog, ‘n aftrekorder teken.
Dankie vir jou reaksie, Mike. Ek moet egter van jou verskil. Ons jeug is ontneem van hulle geskiedenis en kultuur d.m.v. die joods beheerde massamedia en die gewysigde onderrigstelsel. Bokdrolspoeg, ou volksname, als wat jy hierbo genoem het behalwe swastikas – wat ‘n Duitse kenteken is – is deel van ons kultuur as Boervolk. Om te dink dat ons by die jeug (wat merendeels identiteitloos is) moet aanpas om hulle vir ons ‘saak’ te wen is ‘n omgekeerde, onderstebo en liberalistiese siening wat absoluut geen sin maak nie. Dis soos kerke wat sê: kom ons hou ‘arcade game’ aande vir die jeug… miskien word hulle met die Gees vervul. As ons as Boere probeer tred hou met hoe die wereld vandag lyk, kan jy verseker wees dat ons ons doel sal verydel. Die dag as ons ons kultuur opsê, hou ons op om as volk te bestaan.
Sheugnet ek stem saam, maar wat jy nou eintlik in kort vir my hier gesê het is dat die jeug wat vir ons so belangrik is verlore is. Vir wie gaan ons nou probeer oortuig dat die enigste politieke stelsel wat vir die afrikaner ‘n toekoms kan verseker selfbeskikking is? Ek het dit wel ook in een van my skrywes genoem dat ons nie ons kultuur moet opsê nie, maar ons moet dit ook nie die alles oorheersende faktor maak net om die jeug bewus te probeer maak van ons selfbeskikkingsreg nie.
Jy erken dat ons ‘n identiteitlose jeug het so hoe wil jy aan die identiteitlose jeug ons politieke aspirasies (selfbeskikking) voorstel as dit gepaardgaan met bv volkspele, vierkleure bokdrolspoeg ens?
Dankie Mike. Ek dink nie dat dit hoofsaaklik van ons ouer mense afhang om die jonges te oortuig nie. Daar is genoeg jong mense wat die waarheid besef en werk maak daarvan om onder mekaar te gesels oor die dinge. Gegewe die regte omstandighede sal baie ouens (oud en jonk) se oë oopgaan en sal die regte keuses gemaak word n.a.v. die leiding wat ons dan kan gee. Die probleem op die oomblik is dat die mense wat ons probeer bereik nog te gelukkig en gemaklik is. In sodanige ‘gemak’ is dit vir die meeste mense net ‘n beslommernis om aan die gevare te dink en verantwoordelik op te tree. Mense kyk net so ver as wat die TV is. Sit die krag af, vuur ‘n paar skote langs hulle af… skielik is almal wakker.
Sheugnet ‘n laaste paar woorde van my kant af hieroor. Waar is die “genoeg jongmense wat so onder mekaar gesels” wil jy hulle nie voorstel aan die VVK om te registreer nie. Hoeveel dink jy is daar van die jongmense wat so gesels oor die watse dinge? Wat moet die regte omstandighede wees voordat hulle oe opgaan en hoe lank gaan ons nog wag vir die regte omstandighede?
Dankie vir die gesprek Sheugnet.
Chris, daar bestaan alreeds sulke fondse en aftrekorders is agterop elke registrasievorm, dit is die motivering wat kortkom. Ek dink die stuur van SMS’e wat ‘n sekere bedrag, R10 of selfs R5, verteenwoordig lewer dalk beter resultate op. Maar, om nogeens met Neelsie saam te stem, dit is die getalle wat ons kort en dit vra net ‘n bietjie ywer van elkeen van ons.
Ek voel self heel dikwels ons mors ons tyd met volkskultuur aanbiedinge, maar dit word gedoen om die nasionale gevoel onder ons mense aan te moedig en te versterk. As jy niks voel vir volk en vaderland nie, hoekom sal jy jou moeg maak om te stry, dan is dit waarskynliker makliker om na anderland te verkas.
Ek is self ‘n registrasie beampte en wil graag in die bres tree vir ons jongmense, as jy aan hulle die proses verduidelik dan is daar geen huiwering om te registreer nie, Wat die ander opsies aanbetref, as ons na 20 jaar en ek wil byvoeg, na 360 jaar van saamleef met ons mede landsburgers hulle nog nie ken en weet dat samewerking steeds net van ons kant afkom nie, watter pad wil julle dan volg?
Die VVK gedagte moet by die mense uitkom wat ons nog kort,te minste een MILJOEN so laat ons aan die werk spring en ophou bene kou.Want min mense weet daarvan.