Ek sien dit so!


Neelsie het die afgelope week heerlik met sy eie mense gesels op Die Vryburger se webblad.

Die skrywers van ons eie Volkskoerant is net so vasbeslote om eendag in ‘n eie, vrye staat te bly soos elke getroue en opregte Boerehart wat hierdie koerant steun. My woorde dra moontlik nie veel water nie aangesien ek ook onder ‘n skuilnaam skryf. Ek wil dit tog duidelik stel dat ons lesers nie nodig het om te twyfel oor die integriteit van hierdie e-koerant se vrywilligers nie.

Goed, dit daar gelaat.

Stelselmatig sal ons ons mense moet bewus maak van wat regtig aan die gang is in Suid-Afrika. Vir een of ander rede verkies mense om blind te bly vir die waarheid. Neelsie het self nie meer veel vriende of selfs veel getroue familielede oor nie. Miskien omdat almal wie my ken weet ek gaan die gesprek op een of ander stadium wegstuur van rugby, krieket, motors of welke ander sinnelose onderwerp na die belangrike onderwerp van volksoorlewing. Sekere mense draai summier om en loop anderpad wanneer dit lyk of ek in hul rigting beweeg. ‘n Regte vlieg, soos my liewe vader sou sê.

‘n Nuwe onheil wat die afgelope ruk begin kop uitsteek het, is die barbare se daling tot ‘n nuwe vlak van barbaarsheid. Neelsie dra kennis van twee gevalle waar mans wat aangeval is moes deurloop onder ‘n groepsverkragting. Dit is siek, hierdie is Afrika in sy volle glorie! Ons kan mos nie soos ‘n trop donkies voortvoeter op hierdie trant nie, of kan ons? Wanneer gaan Afrikaners besef dat dit nie normaal is om agter hoë mure te bly nie? Of dat dit uiters abnormaal is om deur te loop onder ‘n barbaarse aanval waarin die trop gemorswesens ‘n man verkrag! Dan praat ek nie eers van die marteling van bejaardes nie. Neelsie raak nie eers die onderwerp van blanke vroue aan wat soos dooie voorwerpe misbruik en verniel word nie. Hierdie is ‘n siek kontinent met siek wesens wat daarop woon. Maar, nie naastenby so siek soos wat ek voel met die aanhoor van hierdie siek barbaarse dade nie.

Waarom slaap jy, Afrikaner? Hoe kry jy dit reg om deur die grootste storm van jou volk se geskiedenis te slaap? Of is jy ‘n onnosele padda wat sedert ’94 al te lekker in jou pot rondswem? Jy is al so gewoond aan jou lekker water wat stelselmatig warmer word en bedank gereeld die spesie wat die hitte opdraai sonder om te besef dat jou water reeds begin kook het. Skrik wakker uit jou sluimering en spring uit die vervlakste pot uit, voor jy ook soos ‘n dier omgebring word!

Jou spottery en grappies oor die sogenaamde “regses” is misplaas, iemand anders is besig om lekker in sy mou vir jou te lag. Registreer by die VVK, lees meer by www.vvk.co.za of gaan besoek die Boere-Afrikanervolksraad se webblad by www.volksraad.co.za vir waardevolle inligting.

Boere, die stryd is nie op pad nie, hy is lankal reeds hier!

Boeregroete,
Kordaat Neelsie