Egpaar nie Al-Kaïda slagoffers nie


Die Bloemfonteinse egpaar wat in Jemen ontvoer is, is volgens die jongste inligting nie slagoffers van Al-Kaïda nie.

Die egpaar wat reeds meer as drie weke gyselaar gehou word, is blykbaar slagoffers van ’n bende in Jemen.

Die Noodlenigingsorganisasie “Gift of the Givers” het egter besluit om in te gryp en planne word nou uitgewerk om kontak met Pierre en Yolandé Korkie en hul ontvoerders te maak.

Dit blyk noudat die egpaar deur ’n misdaadbende gyselaar gehou word, blykbaar met die verwagting om eise te stel etot hulle eie voordeel.

Dr. Imtiaz Sooliman, voorsitter van “Gift of the Givers” sê die projekbestuurder van dié organisasie in Jemen, het hom by die ondersoek aangesluit. Samewerking tussen dié organisasie en die regering geniet prioriteit.

Al-Hamati van “Gift of the Givers” het intussen bevestig dat die Korkie-egpaar deur nege mans ontvoer is.
Foto – Pierre Korkie