In onlangse navorsing en ondersoeke is gevind dat die e-tol stelsel beslis sal misluk indien die motoriste weier om e-tol skyfies aan te koop.
Minder as 10,000 motoriste het geregistreer vir e-skyf aankope.
Die Ben Schoeman hoofweg tussen Pretoria en Johannesburg dra sowat 300,000 voertuie per dag.
Die administrasie vir e-tol is waarskynlik hopeloos te omvangryk om ’n ekonomies, volhoubare stelsel te handhaaf.
Dit beteken dat meer as 300,000 rekeninge maandeliks uitgestuur moet word om een dag se verkeer te hanteer.
Die moontlikheid bestaan dat rekeninge nie betaal gaan word deur padgebruikers nie, wat die invordering so enorm gaan maak dat die stelsel teen ’n astronomiese verlies bedryf word.
Die navorsers beveel aan dat die skyfies nie aangekoop word nie.
Ek woon in Springs en maak gebruik van die N12en N3 om na my werkplek in Sandton te ry. Ek sal, na voltooiing van die E-tolhekke op die N12, deur 4 tolhekke gaan, dit is 8 heen en weer.
Ek sal onder geen omstandighede registreer nie en wonder wie gaan my forseer om dit wel te doen? Beslis nie ‘n ek-gaan-jou-nou-arresteer Metro nie en ook nie enige gogga-maak-vir-baba-bang Regering nie.
`n Mens kan maar seker wees dat die nare wolf gaan raas en blaas. Ek betaal reeds genoeg belasting dat die paaie nie deur ‘kul jou hier en kul jou daar’ toertjies gesteel moet word nie.
Ek deel die kommentators se sentiment maar helaas, Hoeveel ander drakoniese reëls en regulasies en belastings wat deur hierdie onwettige regering ingestel is het jy tot dusver geboikot. Jy betaal deur jou nek elke vyf jaar vir jou bestuurslisensie, jy het reeds betaal vir jou nuwe vuurwapenlisensie, jy betaal deur jou nek vir skoolgeld waar jou kind nie leer wat jy wil hê hy moet leer nie, hoeveel betaal jy aan versekering en privaat sekuriteit – ja, jou diefwering en alarm moes jy opsit omdat die belasting wat misdaad moet bekamp wan aangewend is. Sê nou vir my, jy het al die goed sonder stamp of stoot aanvaar maar jy sal beslis nie e-tol betaal nie ! Dis ‘n kwessie van tyd dan het hierdie slim skelms die geld uit jou sak uit ! Die tyd om te protesteer het jy twintig jaar terug gemis. Wat is dan die oplossing ? Vind ‘n manier om meer geld uit hulle te maak as wat hulle kan dink om by jou te vat.